Vredefort-koepel
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Vredefort-koepel is die grootste bekende impakkrater op aarde. Geleë in die provinsie van die Vrystaat in Suid-Afrika, met die dorp Vredefort wat in krater gevestig is. Daar word ook na die koepel verwys as die Vredefort-krater. In 2005 is die Vredefort-koepel by die lys van Wêrelderfenisgebiede van UNESCO gevoeg vir die estetiese en wetenskaplike waarde van die gebied.
[wysig] Formasie en struktuur
Die bolied wat Vredefort getref het, is een van die grootstes wat die aarde nog ooit getref het, geskat teen oor die 10km breed. Die krater het 'n deursnee van ongeveer 300km, groter as die 250km breë Sudbury-kom, en die 170km breë Chicxulub-krater. Die ouderdom van die krater word geskat teen oor die 2 biljoen jaar (2023 ± 4 miljoen jaar), en het die aarde getref gedurende die Paleoproterozoïese era.
Die Vredefort-kratergebied (27° 0′ S, 27° 30′ E) is een van die min multi-ring impakkraters op aarde, alhoewel hulle algemeen voorkom op die maan. Geologiese prosesse soos erosie en tektoniese prosesse, het die meeste van die multi-geringde kraters op aarde verwoes.
Daar is oorspronklik gedink dat die koepel in die middel van die krater gevorm is deur 'n vulkaniese uitbarsting, alhoewel daar in die middel 1990's bewyse onthul is dat daar 'n reuse boliede-impak plaasgevind het in die gebied.