Mozilla
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Mozilla (ook bekend as die Mozilla Suite of die Mozilla Application Suite, met kodenaam Seamonkey) is 'n vrye, kruis-platform Internet sagtewaresuite, wat bestaan uit 'n webblaaier, 'n eposleser, 'n HTML-redigeerder en 'n IRC-kliënt. Die ontwikkeling daarvan is deur Netscape Communications Corporation begin, gebasseer op die bronkode van hul Netscape Communicator-produk, maar die Mozilla Stigting lei nou ontwikkeling.