Lae Lande
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Geskiedenis van die Nederlande | ||
Bourgondiese Nederlande |
Prinsbisdom Luik Prinsdom Stavelot- Malmedy Hertogdom Bouillon e.a. |
|
Sewentien Provinsies |
||
Spaanse Nederlande |
||
1581 1795 Verenigde Provinsies |
Suidelike Nederlande | |
Oostenrykse Nederlande (Nederlandse State) |
||
Bataafse Republiek |
1795 1804 Eerste Franse Republiek |
|
Koninkryk Holland | ||
1804 1815 Eerste Franse Keiserryk |
||
1815 1830 Verenigde Koninkryk van die Nederlande |
Groot- Hertogdom Luxemburg | |
Nederland |
België |
Luxemburg |
Die Lae Lande, die historiese gebied de Nederlanden, is die lande geleë om die laagliggende grondgebied om die delta van die Ryn-, Schelde-, en Maasriviere (Frans: Meuse). Die gebied wat deur die modern state Nederland, België en Luxemburg stem amper maar nie heeltemal met die gebied ooreen. Sedert die Tweede Wêreldoorlog word die nuwe naam die Beneluxlande vir die gebied gebruik.
Voor moderne nasiebou begin het, het die Lae Lande verwys na 'n uitgebreide gebied van noordelike Europa wat rofweg van Duinkerke in die weste tot by Sleeswyk-Holstein in die noordooste gestrek het, en van die riviermond van die Schelde in die suide tot Friesland in die noorde. Die Lae Lande was die stelling van vroeë noordelike dorpe wat van nuuts af gebou is eerder as wat dit van antieke sentra ontwikkel is en daarmee die herontwaking van Europa in die 12de eeu aandui.
Die lae lande wat eerder 'n versameling van verskeie gebiede was as een homogene gebied, het wel almal 'n groot aantal ooreenkomste vertoon:
- Meeste was kusgebiede aan die Noordsee of die Engelse Kanaal. Die lande wat nie toegang tot die see gehad het nie, het hulleself polities en ekonomies aan die wat wel toegang gehad het verbind om een unie van hawe en hinterland te vorm. 'n Poëtiese beskrywing van die gebied is "die Lae Lande by die See"
- Meeste het Middel-Nederlands gepraat waaruit Nederlands (en Afrikaans), later ontwikkel het. Sommige van die gebiede soos die Prinsbisdom Luik of die Waals Vlaandere in die omgewing van Cambrai, Lille, Mons en Namur, waar Frans die dominante taal was, word baie keer ook as deel van die Lae Lande gesien.
- Meeste van hulle was slegs in naam van 'n graaf of hertog afhanklik, die stede is prakties deur gildes en rade regeer, en alhoewel in teorie deel van 'n koninkryk is hulle omgang met hulle heersers deur 'n stel streng vryhede gereguleer wat beskryf het wat laasgenoemde kon doen en wat van hulle verwag is.
- Almal was afhanklik van handel en vervaardiging en het die vrye vloei van goedere en ambagsmanne aangemoedig.
Die vervaardiging en handel in wolmateriaal was besonder belangrik vir die stede, Europa se eerste nywerheid. Stede wat deur die handel gegroei het sluit in Liège, Leuven, Mechelen, Antwerpen, Brussel, Ieper, Gent en Utrecht.
In 1477 het die Boergondiese besittings in die gebied, die Boergondiese Nederlande, deur 'n erfgenaam Maria van Boergonje na die Habsburgers oorgegaan. In die eeu daarna het die "Lae Lande" rofweg ooreengekom met die Sewentien Provinsies wat onder die Pragmatieke Sanksie van 1549 van die Heilige Romeinse Keiser Karel V die provinsies vrygestel het van hulle argïese feodale verpligtinge. Na die Sewentien Provinsies hulle onafhanklikheid van Habsburgs Spanje verklaar het is die provinsies van die Suidelike Nederlande herower (1581) en word dit soms die Spaanse Nederlande genoem.
In 1713, onder die Vrede van Utrecht na die Spaanse Opvolgingsoorlog, is die deel van die Spaanse Nederlande wat oorgebly het aan Oostenryk oorgedra en het dit dus die Oostenrykse Nederlande geword. Die Verenigde Koninkryk van die Nederlande (1815-1830) het die Lae Lande vir 'n kort rukkie weer verenig.