Kentum-tale
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kentum-tale vernoem na die Latynse woord centum (spreek uit as: kentoem) vorm 'n subgroep van die Indo-Europese tale, saam met die Satem-tale. Veral die westelike Indo-Europese tale behoort tot hierdie subgroep, met uitsondering van Tochaars.
Die benaming word ontleen aan die verskynsel dat die Indo-Europese tale onder te verdeel is in een groep waarby die woord vir die getal 100 met velare of palatale plofklank begin (byvoorbeeld k), en in een groep waarby die woord vir 100 met 'n alveolêre of 'n palato-alveolêre frikatiewe klank begin (byvoorbeeld s of sj).
Kentum-tale:
"100"
- Latyn centum
- Iers cet
- Tochaars kant
- Grieks hekaton (die toevoeging van he- is 'n uitsonderlike verskynsel)
- Goties hund (die h-klank is ontstaan uit 'n gewysigde k)
Die Kentum-tale is (in chronologiese volgorde):
- Anatoliese tale (uitgestorwe)
- Grieks
- Italiese en Romaanse tale
- Keltiese tale
- Germaanse tale
- Tochaars
(Vir enkele ander Indo-Europese tale is te min inligting beskikbaar om in een van die subgroepe te plaas.)
Satem-tale
Onder die Satem-tale val alle Indo-Iraanse tale en die Baltiese en Slawiese tale (laasgenoemdes val onder die groter Balto-Slawiese taalfamilie):
"100"
Indo-Europese tale > Kentum-tale |