Gougheiland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gougheiland (ook bekend as Diego Alvarez) is 'n vulkaniese eiland wat uit die Suid-Atlantiese Oseaan reis tot 'n hoogte van 900 meter (2950 voet) bo seespieël en 'n benaderde oppervlak van 65 km² (25 myl²). Dit sluit klein satteliet eilande en rotse soos Suidweseiland, Saaleiland (Suid), Tristianarots, Isoldarots (Wes), Ronde-eiland, Kegeleiland, Lot se Vrou, Kerkrots (Noord), Pikkewyneiland (Noordoos), en Die Admirale (Oos) in. Dit is afgeleë en eensame plek, omtrent 350 km (220 myl) suidoos van ander eilande in die Tristan da Cunha groep, 2700 km (1700 myl) van Kaapstad, en meer as 3200 km (2000 myl) van die naaste punt van Suid-Amerika. Dit is 'n bestting van die Verenigde Konikryk, maar die enigste inwoners is die bemanning van 'n weerstasie wat Suid-Afrika konstant sedert 1956 instandhou.
Die eiland is vernoem na Charles Gough, wat dit na bewering in 1731 (her)ontdek het.
Gough en Inaccessible-eiland is 'n beskermde wildreservaat, wat deur UNESCO as 'n Wêrelderfenisplek benoem is. Dit is al as een van die mins versteurde ekostelsels van sy soort beskryf en as een van die beste skuilings vir seevoëls tydens broeityd in die Atlantiese Oseaan. In besonder huisves dit byna die hele wêreld bevolking van die Tristan Albatros (Diomedea dabbenena) en die Atlantiese Stormvoël (Pterodroma incerta') Sjabloon:Ref. RSPB omgewingsbewaarders het onlangs aggressiewe groepe van ongewoon groot en gewelddadige mensingevoerde huismuise (Mus musculus) aangemeld wat probleme inhou vir die Albatros broeiplekke en groot groepe jong voëls aanval. Die muise is veronderstel om in die komende jare uitgewis te word. Indringerspesies is verantwoordelik vir die grootste verlies van biodiversiteit op eilande; en is die tweede grootste oorsaak van uitserwings na habitatverlies.
Gougheiland is by 40°19′S 9°55′W geleë. Topografiese kenmerke sluit die High Peak, Mount Argus, Hags Tooth, Mount Rowett, die Sea Elephantbaai, Questbaai, endie Hawkinsbaai in.
[wysig] Verwysings
- Sjabloon:Note Cuthbert, J. & Sommer, E. Population size and trends of four globally threatened seabirds at Gough Island, South Atlantic Ocean. Marine Ornithology 32: 97–103.
[wysig] Eksterne skakels
- Kaart van Gougheiland
- Die Suid-Atlantiese Oseaan en Subantarktiese Eilande: Gougheiland
- Suid-Afrikaanse weerstasie op Gougheiland
- Gougheiland Wildreservaat
- Meter-hoë seevoëlkuikenswat lewendig deur muise opgevreet word
- Ellerman lesing fokus op Gougheiland by Universiteit van Stellenbosch
Sjabloon:Tristan da Cunha