Faroëes
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Faroëes is 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal met ongeveer 80 000 sprekers in twee hoof groepe, omtrent 48 000 in Faroëreilande en omtrent 25 000 in Denemarke. Daar is ook omtrent 5000 sprekers in Ysland. Dit is een van die twee amptelike tale van die Faroëreilande (die ander is Deens).
Faroëes behoort saam met Yslands en, die nou uitgestorwe, Norn taal tot die westelike of eiland-Skandinawiese tale wat van Oudnoors afstam. Dit is nie onderling verstaanbaar met die vasteland-Skandinawiese tale Noors, Sweeds en Deens nie.
Faroëes word met die Latynse alfabet waartoe 'n aantal tekens toegevoeg is, geskryf: Á/á, Í/í, Ó/ó, Ú/ú, Ý/ý, Ð/ð (edd), Ø/ø en Æ/æ. Die letters c, q, w en z word nie gebruik nie. Die spesiale letter edh (ð) word op verskillende maniere uitgespreek. Meestal is dit stom.
Die struktuur van Faroëes is baie soos die van Yslands. Enkele verskille is:
- etimologiserende skryfwyse: die spelling van Faroërs wyk, in teenstelling met dié van Yslands, baie sterk af van die uitspraak. Die spelling is in 1846 deur V.U. Hammarshaimb vasgelê. Danksy die etimologiserende spelling kan Faroërs en Yslanders mekaar se taal sonder moeite lees.
- dialekte: Yslands het nie juis dialekte nie, terwyl Faroëes 'n groot verskeidenheid van dialekte het.
- fonologie: in Faroëes ontbreek die dentale frikatiewe (Engels th).
- suiwerheid: Faroëes het net soos Yslands tradisioneel 'n sterk puristiese neiging, maar in Faroërs, met name in die spreektaal, is daar tog aanmerklik meer (Deense) leenwoorde opgeneem.
.
Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Faroëes op WikiWoordeboek |
Indo-Europese tale > Germaanse tale > | ||
Noord-Germaanse tale: | Wes-Germaanse tale: | Oos-Germaanse tale: |
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Yslands | Sweeds | Afrikaans | Duits | Engels | Fries | Jiddisj | Luxemburgs | Nederlands | Nedersaksies | Skots | Boergondies | Goties | Vandaals |