Eilandboog
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Eilandboog is 'n tipe argipel of eilandgroep wat deur plaattektoniek gevorm word wanneer een oseaniese tektoniese plaat onder 'n ander een afgedruk word en magma produseer. Dit is 'n tipe vulkaniese boog. Gedeeltelike smelting van die mantel genereer lae-digtheid kalkalkaliese magma wat drywend na bo rys om tussen in te druk en deur die litosfeer van die boonste plaat te dring en uitgestoot te word. Die vulkaanketting wat veroorsaak word het 'n boogvorm parallel aan die konvergerende plaatgrens en konveks teenoor die ondergaande plaat. Verwering en erosie van die vulkaanrotse produseer swart-groen strande wat uit oliviene sand bestaan wat van die vulkaniese kegels ge-erodeer is.
Aan die subduksiekant van die eilandboog vorm 'n diep en nou seetrog wat die spoor op die aarde se oppervlak is van die grens tussen die afgaande en boonste plate verteenwoordig. Die trog word veroorsaak deur die wrywing van die subduksieplaat wat die voorste punt van die boonste plaat afwaarts trek. Groot wrywingskragte verhit die rotswande van beide plate in die gebied. Veelvuldige aardbewings vind langs die grens plaas met seismiese episentra al hoe dieper onder die eilandboog geleë.
Oseaanbekkens wat deur die ondergang verminder word, word "oorblyfsel-oseane" genoem aangesien dit geleidelik sal krimp tot dit nie meer bestaan nie en in die volgende orogeniese botsing vergruis sal word. Die proses vind oor en oor in die geologiese geskiedenis van die aarde plaas.
[wysig] Eilandboë
- Aleoetiese Eilande
- Crozeteilande
- Kurile-eilande
- Japan
- Filippyne
- Marianaeilande
- Tonga en Kermadec Islands
- Ryukyu-eilande
- Ogasawaraeilande
- Andaman en Nicobareilande
- Mentawai-eilande
- Klein-Sundaeilande
- Tanimbar en Kai Eilande
- Solomoneilande
- Klein-Antille
- Suid Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
- Sundaboog
- Nieu-Seeland