Dominant
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Genetiese eienskap word dominant genoem as slegs één van die twee gene (òf die van die moeder afkomstige chromosoom òf die van die vader afkomstige chromosoom) die eienskap hoef te hê voordat die individu die eienskap in die fenotipe vertoon. As byvoorbeeld deur 'n afwyking in een geen 'n eiwit gemaak word met 'n ongewenste en skadelike eienskap, dan sal so 'n afwyking baie keer dominant wees. 'n Eienskap wat alleenlik voorkom as beide ekwivalente gene betrokke is word resessief genoem. Die mate van dominansie of resessiewiteit kan weergegee word as die penetransie van die geen.